Kaptein Temba Bavuma gereed vir T20 in Indië 

Krieket: Die Proteas se kaptein van die beperkte-boulbeurtformaat, Temba Bavuma, is terug nadat hy vir drie maande weens ‘n elmboogbesering nie beskikbaar was nie en sal die span aanvoer in die toer na Indië, wat môre begin. Die twee lande sal mekaar in drie T20’s en drie eendagwedstryde die stryd aansê voor volgende maand se T20 Wêreldbekertoernooi in Australië. Die 32-jarige Bavuma is in Junie tydens ‘n T20-wedstryd teen Indië beseer.