Japan hou staatsbegrafnis vir vermoorde premier Shinzo Abe

Japan het die vermoorde voormalige eerste minister, Shinzo Abe, in die Nippon Budokan-saal in sentraal-Tokio vereer op die eerste staatsbegrafnis in die land in 55 jaar. Abe se weduwee, Akie, het sy as tydens die plegtigheid gedra. Ongeveer tien-duisend mense het blomme neergelê en in stille gebed voor Abe se foto gebuig. Hy was Japan se langsdienende eerste minister en is as ‘n verdelende figuur beskryf. Hy is op 8 Julie tydens ‘n verkiesingsveldtog-saamtrek in ‘n sluipmoordaanval dood.