Kaptein: Gebrek aan kolf-ervaring kos Proteas die reeks 

Krieket: Engeland het die beslissende derde toets teen Suid-Afrika op die Oval gewen, met al drie wedstryde in die reeks wat binne drie dae geëindig het. Dag een in Londen het weens reën verlore gegaan, terwyl daar op dag twee, ná die dood van koningin Elizabeth, geen spel was nie. Die tuisspan het dus drie dae gehad om ‘n uitslag af te dwing. Uiteindelik het hulle net twee dae en 28 minute nodig gehad om die wedstryd met 9 paaltjies te wen, en die reeks met twee-een. Die Protea-kaptein, Dean Elgar erken die kolwers het dwarsdeur die reeks gesukkel.