DA sê Gaugent se toerisme ly steeds

Die DA in Gauteng sê die Suikerbosrand-natuurreservaat in Heidelberg was in die verlede funksioneel en het toeriste gelok. Dit is in 2009 op 2,9 miljard Suid-Afrikaanse rand gewaardeer. Dorianne Arendse van die DA sê ná jare se misstappe en wanbestuur deur die provinsiale landbou-departement, is daar vandag geen toerisme-bedrywighede nie, buiten ‘n paar dagbesoekers.