Kapofi sê Kuba is lang vriend van Namibië

Die Namibiese verdedigingsminister verwelkom die afvaardiging van die Revolusionêre Gewapende Magte van Kuba wat daarop gemik is om Namibië en Kuba se bilaterale gewapende mag-betrekkinge te versterk. Frans Kapofi se aanmerkings kom kort op die hakke van President Hage Geingob wat tydens die afvaardiging se hoflikheidsbesoek aan Staatshuis beklemtoon het dat die sanksies teen Kuba ‘n misdaad is. Kapofi beaam aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië en Kuba ‘n lang geskiedenis het toe Kuba in Angola vir Namibië tydens die bevrydingstryd gehelp het.