Klimaat: Sonder die VSA en China sal niks verander nie

Amerikaanse President Joe Biden sal Maandag met China se President Xi Jinping vergader, na Biden COP27 in Egipte bygewoon het en ook ingeloer het by die Asean-beraad in Kambodja. Terwyl Taiwan en die Oekraïne onder die loep sal kom en klimaat nie bespreek word nie, sê die Amerikaanse spesiale gesant vir die klimaat, John Kerry, die onderhandelings sal moet hervat want sonder die VSA en China, kan klimaatsverandering nie bekamp word nie.