Kapofi sê Botswana-lugmag sirkel nie Impalila nie

Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi het inwoners van Impalila-eiland verseker dat daar geen gevaar is met vliegtuie van die Botswana-lugmag wat gereeld oor die eiland in die noordooste van die land, vlieg nie. Kapofi sê die buurland se lugmag het vanaf Kasane opgestyg en het nie die eiland gesirkel, soos inwoners beweer nie. Hy het bygevoeg dat lede van die Namibiese weermag hom verseker het dat die vliegtuie net verby gevlieg het. Maar, lede van die gemeenskap sê hulle word geïntimideer en lewe in vrees dat hulle moontlik aangeval kan word.