Voedselpryse ook deur die dak in SA

Statistieke Suid-Afrika het bekend gemaak dat die pryse van sekere kossoorte sedert verlede jaar die hoogte ingeskiet het. Die brandstofprys in die buurland is 37 persent hoër as verlede jaar en dit het grootliks bygedra tot die verhoogde kospryse. Die hoër voedselprys het op sy beurt bygedra tot ‘n inflasiekoers van 5,2 persent in Mei in teenstelling met die 4,4 persent in April. Tamaties is meer as 30 persent duurder nadat die swaar reën in die Limpopo-vallei oeste verwoes het. Die prys van sonneblom-olie het ook met 30 persent gestyg.