EU sê hulp vir Namibië en ander lande moet bespoedig word

Na die vinnige opvlam van Covid-gevalle in Namibië, het die regering van Namibië deur sy ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking ‘n amptelike versoek van steun aan die Europese Unie se burgerlike beskerming ingedien. Die EU-ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila, het gesê die lewering van lewensreddende hulp aan lande soos Namibië moet gekoördineer en bespoedig word. Twaku Kayofa, mediabeampte van die Europese Unie in Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.