Kapofi gesels oor sindikate, terreur en ou soldate

Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gesê dat georganiseerde misdaad ‘n daadwerklike bedreiging vir Namibië inhou en dat sindikate wel hier vestig. Terreur is volgens hom ook ‘n bron van kommer. Hy sê terreur floreer waar sekuriteit ondoeltreffend is.

Hy sê verder dat die weermag voorberei word vir terreurgroepe wat die land wil gebruik om sy bure aan te val en verder, dat ouderdom in die weermag ‘n uitdaging is en dus, kom dié opleiding nie goedkoop nie. Hy voeg by dat die weermag geposisioneer moet word om die Harambee Welvaarsplan te implementeer deur ‘n veilige land te behou.