Kaapstad weet nog nie waar om wapens te vernietig nie

Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig daar is nog geen vordering gemaak met die uitken van ‘n paslike perseel vir die vernietiging van vuurwapens nie. Die DA het gevra die provinsie moet sy eie perseel kry. Reagan Allen van die party sê die doeltreffende en vinnige vernietiging van vuurwapens bly deurslaggewend in die stryd teen misdaad en om te keer dat gewere waarop beslaggelê is, weer in gemeenskappe beland: