Etosha-brand nog nie onder beheer nie

Dit brand steeds in Etosha, suidwes van Okaukuejo. Volgens Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie sê die brand word nou so gemonitor dat diere in die park beskerm word. Daar is ook geen bedreiging vir besoekers nie.