Kapenaars ry toe nie so rustig nie

Dit wil voorkom asof Kapenaars nie rustiger bestuur nie. Die Stad Kaapstad sê vyf jaar gelede het sy verkeersdiens gemiddeld 2,5 miljoen oortredings per jaar aangeteken. Die afgelope boekjaar het dié syfer egter skerp gestyg tot meer as 3,7 miljoen. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê as die statistiek vir die nuwe boekjaar se eerste kwartaal ‘n aanduiding is, gaan dit die nuwe normaal wees: