NamRA-beskuldigdes verskyn weer

Samora Haufiku wat by die finansministerie werksaam was, verskyn weer vandag saam met Festus Alexander en Taimi Iiyambo op klagte dat hulle ‘n NamRA-amptenaar probeer omkoop het. Die drie is vroeër borg van 5 000 Namibiese dollar in die Windhoek-landdroshof toegestaan. Daar word beweer dat Iiyambo net meer as 272 000 Namibiese dollar aan NamRA skuld en het 49 000 dollar aangebied om die balans te laat verdwyn. ‘n Spesiale operasie is saam met die Teenkorrupsie-kommissie geloods. Die saak is op 25 Augustus tot vandag toe uitgestel vir verdere ondersoek.