Ondersoek na Mej. Amerika se uitslag

Die Mej. Heelal-organisasie gaan die Mej. Amerika-program oorneem hangende ‘n onafhanklike ondersoek na bewerings dat die uitslag van vanjaar se kompetisie vooraf bepaal is. Mej. Heelal het ook die Amerikaanse organisasie se president, Crystle Stewart, en haar maatskappy, Miss Brand Corporation, geskors. Talle deelnemers het op sosiale media beweer dat partydigheid die rede is waarom R’Bonney Gabriel vanjaar die kroon dra. Stewart ontken die bewerings en sê sy sal nooit haar droom in gevaar stel om ‘n organisasie te bedryf wat jong vroue bemagtig nie.