Kapana is op pad na Duitsland en Nigerië

Die bekroonde plaaslike rolprent Kapana is gekies om deel te neem aan die QUEER-Streifen Regensburg-fees wat in Oktober in Duitsland plaasvind. Die rolprent sal ook deelneem aan die Eastern Nigeria International Film Festival, bekend as Eniff. Die rolprent handel oor LGBTQ-kwessies en vertel die storie van ‘n verhouding tussen ‘n kapana-handelaar en ‘n versekeringsmakelaar. Dit is deur die Ombetja Yehinga-organisasie, OYO, vervaardig. Linda Baumann, ‘n plaaslike geslagsaktivis het haar reaksie so verwoord.