Ent julself, hou op na nonsens luister meen Libertine

Namibiërs het nou die luuksheid om tussen verskillende Covid-entstowwe te kies, veral nadat die Sputnik V-entstof wat deur die Serwiese regering geskenk is, in die land aangekom het. Dr. Libertine Amadhila, ‘n voormalige gesondheidsminister het haar reaksie gegee op die aankoms van Sputnik V. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibiërs moenie na praatjies van propaganda teen entstowwe luister nie.

Amadhila het ook aan Namibiërs gesê hulle hoef nie bang te wees om ingeënt te word nie. Sy is al ten volle ingeënt.