Kanse is skraal dat Djokovic aan VSA Ope kan deelneem

Tennis: Daar is ‘n al groter kans dat Novak Djokovic verbied gaan word om aan die Amerikaanse Ope deel te neem nadat die organiseerders die jongste Covid-protokol aangekondig het. Hulle is van plan om gesondheids- en veiligheidsmaatreëls in te stel en het buitelandse toeskouers reeds herinner hulle sal nie in die land toegelaat word sonder bewys van inenting nie. Die gewese wêreld nommer een se teenkanting teen inenting het reeds verhoed dat hy sy Australiese Ope-titel kon verdedig. Die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar begin volgende Maandag in New York