Leerder neem sy lewe ná onderwyser hom glo spot

Die Gautengse onderwysdepartment stel ondersoek in nadat ‘n graad 9-leerder sy eie lewe geneem het omdat ‘n onderwyser van ‘n skool in Soweto hom na bewering oor sy seksualiteit gespot het. Volgens berigte het die onderwyser die kwessie as ‘n les gebruik, waarna die leerder besluit het om nie terug te keer skool toe nie. ‘n Arbeidsterapeut, Nasreen Cariem, sê kinders se geestesgesondheid word maklik ignoreer.