Afskaf van blitstoetse is slag vir toerisme

Die nuwe Covid-regulasies wat vandag deur die Namibiese Gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, aangekondig is, is ‘n slag vir toerisme. Die afskaffing van die blitstoetse vir reisigers, is weer een stap terug vir die toerismesektor, sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsverniging van Namibië, Gitta Paetzold aan Kosmos 94.1 Nuus.