Verpak vrugte so

Navorsers aan die Universiteit van Pretoria het ‘n projek van stapel gestuur om te bepaal hoe vars produkte beskadig word terwyl dit oor vastelande heen van produsente na handelaars vervoer word. Hulle samel dié inligting in deur middel van sogenaamde kunsmatige avokados wat met ‘n driedimensionele drukker gedruk en waarin mikro-sensors ingebed is. Die fakulteitshoof van ingenieurswese aan UP, Wynand Steyn, sê die vrugte versend data na die navorsingseenheid, terwyl dit onderweg is na hul oorsese bestemmings. Dit neem inligting op soos die uitwerking van die beweging van die skip, sy versnelling en die temperatuur waaraan die produkte blootgestel is.