Kandjoze se aantygings is snert – Venaani

Die leier van die opposisie-party die PDM, McHenry Venaani, het skerp gereageer op aantygings wat die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze teenoor hom gemaak het. Venaani het in die openbaar gevra dat daar dieper ondersoek moet ingestel word na die betrokkenheid van Kandjoze, destyds die minister van myne en energie, en die aanstelling van Fishrot-beskuldigde Sacky Shangala se maatskappy C-Sixty om diamantwaardasies vir Namdia te doen. Venaani sê Kandjoze se aantygings van korrupsie en nuwe motors is snert.