KZN-skole word speelgrond vir misdadigers

Die IVP in KwaZulu-Natal is diep bekommerd dat skole in Pietermaritzburg en die omgewing vinnig besig is om in ‘n speelgrond vir misdadigers te ontaard. ‘n Leerder van die Hoërskool Northburypark het onlangs ‘n onderwyser se voertuig met petrol bestook nadat hy berispe is omdat hy ‘n selfoon tydens skoolure gebruik het. Die hoof van die Hoërskool Msunduzi is ook verskeie kere geskiet en is op die skoolterrein dood. Die IVP-lid,Thembeni Madlopha-Mthethwa, sê dit is duidelik dat polisiesigbaarheid- en vermoë onvoldoende is.