Kandjeke is sat vir swak boekhouding, owerhede ignoreer hom

Plaaslike owerhede se voortdurende versuim om ouditbevindinge te implementeer is die rede waarom ‘n groot aantal van hulle gekwalifiseerde ouditverslae op ‘n jaarlikse basis ontvang. Dit is die mening van die ouditeur-generaal Junias Kandjeke. Miljoene is normaalweg vermis, bateregisters is foutief en die boekhouding van talle munisipaliteite en plaaslike owerhede is oor die algemeen treurig. Kandjeke sê die gehalte van ouditverslae sal verbeter wanneer plaaslike owerhede werk aan aanbevelings wat aan hulle gegee word. Hy het egter erken dat plaaslike owerhede dikwels deur professionele kapasiteitsbeperkings geteister word. Maar hy meen daar moet beter bestuur toegepas word omdat die owerhede met openbare fondse werk.