Twee psigiaters sal Maree evalueer

Die oud-polisieman en vermeende pedofiel Johan Maree sal deur twee psigiaters geëvalueer word. Regter Christie Liebenberg het die aansoek wat deur Maree se regsverteenwoordiger, Eva Maria Nangolo-Philemon gebring is, toegestaan. Volgens haar het hy ‘n geskiedenis van geestesiektes. Maree staan tereg op 75 klagte van onder meer verkragting en die vervaardiging en verspreiding van pornografie. Hy word daarvan beskuldig dat hy sowat 15 minderjarige seuns in Windhoek seksueel misbruik het.