Kanadese gemeenskap geruk deur massa-mesaanval

Die Kanadese koninklike berede polisie se ondersoek na die massa mes-aanval duur voort. Die laaste voortvlugtige Myles Sanderson is in hegtenis geneem maar het kort daarna aan meswonde beswyk. Sy boer is reeds Maandag dood aangetref. Internasionale media berig dat die klein gemeenskap in Saskatchewan geruk is deur die aanval, die ergste in die land se geskiedenis. Tien mense is dood en 18 beseer. Tydens ‘n emosionele nuuskonferensie het die hoof van die Saskatoon-stamraad, Mark Arcand, wie se suster, Bonnie Burns en haar 28-jarige seun Gregory, onder die vermoordes was.