Ekonoom sê oor Brent wat nog verder daal

Brent ru-olie verhandel nog laer vanoggend as wat Woensdag aangeteken is. Die kommoditeit het verder teruggesak en ‘n vat kos tans rondom 88 Amerikaanse dollar, laer as wat dit was voor Rusland die Oekraïne ingeval het. Daar is kommer oor ‘n globale resessie maar, dit duur al geruime tyd voort. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gesels oor wat die daling tans aandryf.