Kameelperde in Noordweste kry nuwe GPS-oorplaatjies

Die Giraffe Conservation Foundation het van die ouer GPS-opsporings-eenhede van kameelperde in die Hoanib-rivier in die noordweste Namibië met die nuwe sonkrag GPS-oorplaatjies vervang. Dit het ook die reikwydte van die opsporing vergroot deur twee kameelperde in die Doro !Nawas kommunale bewaringsgebied met GPS-oorplaatjies toe te rus. Dit help om die kameelperd-bevolking in die gebied te monitor, wat in 2020 aangevul is. Tydens gereelde opnames word bekende en nuwe kameelperde gesien. Die data wat van hierdie eenhede ingesamel word, sal help om meer te verstaan oor hoe kameelperde oor hierdie uitgestrekte woestynlandskappe beweeg en om toekomstige bewaringsoptredes in Afrika te motiveer. Namibiese Kameelperdnavorser Jackson Hamutenya …