Gebrekkinge hulpbronne van Gautengse polisiestasie ‘n gevaar vir inwoners

Die DA in Gauteng sê die veiligheid van inwoners van Eldoradopark in Johannesburg is in gevaar weens voortslepende betogings en bende-skietery. Hy sê die plaaslike polisiestasie, met sy gebrekkige hulpbronne, kan nie die inwoners se veiligheid verseker nie. Nico de Jager van die DA sê soos baie ander polisiestasies in die provinsie is hierdie stasie sonder voldoende hulpbronne en oorlaai met misdaadvoorvalle.