Kameelperde, blouwildebees gestroop

Twee kameelperde en ten minste een blouwildebees is by die Namib-Naukluft Nasionale Park gestroop. Daar is ‘n groep van drie blouwildebeeste in die omgewing en die vermoede is dat die ander twee ook gestroop is. Volgens inligting het die stropers deur die park gekom, wes van Emeritus. Hulle het die heining gesny en voetspore is op die toneel. Die Namibiese polisie by Otjimbingwe is ingelig, asook die hoof van die Khomas-streek in die omgewingsministerie.