Namibiese vulstasie-eienaars is vuisvoos  

 Die staking wat vandag by die Total Riverside-vulstasie in die Eros-woonbuurt in Windhoek plaasgevind het, word voor die deur van die Namibiese regering gelê. Die meer as 30 werkers by die diensstasie het vir ‘n wyle gestaak totdat hul Desember-salarisse inbetaal is deur die eienaar wat glo in Suid-Afrika is. Hulle sê hulle ontvang gereeld hul salarisse laat. Hennie Krüger van die Brandstof en Franchise Vereniging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus vulstasie-eienaars ervaar moeilike tye en die regering is te blameer.  

Kruger voeg by vulstasie-eienaars ontvang geen ondersteuning van die regering of banke nie.