Suid-Afrikaners versoek om hulle te laat inent

Gesondheidskenners waarsku Suid-Afrikaners om steeds waaksaam te wees oor Covid-19. Dit volg op bevestiging dat die eerste geval van ‘n nuwe, hoogs oordraagbare Omikron-subvariant in die land opgespoor is nadat dit vroeër in minstens 28 ander lande bevestig is. Die plaaslike geval is ontdek in ʼn bepaling van die gene-volgorde wat uitgevoer is deur navorsers aan die Universiteit Stellenbosch. Die departement van gesondheid bespreek die situasie met wetenskaplikes om meer inligting te bekom. Dr. Saadiq Kariem van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement versoek Suid-Afrikaners om hulle te laat inent of om opvolg-inspuitings te kry indien hulle reeds ingeënt is.