Kalso militêre basis deur lugaanval getref

Irak se Popular Mobilization Forces, ‘n amptelike veiligheidsmag, sê sy bevelpos by Kalso militêre basis suid van Bagdad is deur ‘n lugaanval getref. Minstens 20 is beseer met een sterfgeval. Dit is tans nie bekend wie verantwoordelik is vir die aanval nie maar Amerikaanse owerhede sê daar was geen Amerikaanse militêre aktiwiteit in Irak nie. Die skade by die basis toon ‘n missiel en nie ‘n hommeltuig aan nie.