Geesdriftige Haaie verloor teen Glasgow

Glasgow Warriors was die wenners met 21-10 teen die Haaie in hulle Verenigde Rugby-kampioenskap-kragmeting in Skotland.  Die tuisspan het drie drieë gedruk, teenoor twee deur die besoekers. Die Haaie, wat ‘n swakker span gekies het vir die wedstryd, het met geesdrif gespeel wat hulle goed te staan sal kom in hulle Uitdaagbeker-halfeindstryd, oor twee weke teen Clermon.