Bevrydingstryd-vegter !Ha-Eiros word ter ruste gelê

Die ontslape Swapo Party bevrydingstryd-vegter Ida Jimmy !Ha-Eiros word vandag ter ruste gelê by die Sniprivier begrafplaas in Berseba en sy word vereer met ‘n helde-begrafnis.  Sy is op 3 April in die ouderdom van 79 oorlede. President Nangolo Mbumba het haar heengaan betreur en sê: “Ek het president geword en hierdie kantoor met trane betree na die afsterwe van my broer en kameraad, president Hage Geingob. Ek het nie verwag dat ek twee maande later oor die heengaan van kameraad Ida Jimmy sal treur nie.”