Scottie Scheffler is nou nommer een-gholfspeler

Gholf: Scottie Scheffler het ‘n oorwinning behaal in die Dell Technologies-putjiespeltoernooi en sodoende die Spaanse kampioen Jon Rahm se nommer een posisie op die wêreldranglys oorgeneem. Die 25-jarige Amerikaner het nog ‘n mylpaal bereik toe hy Kevin Kisner 4-en-3 in die eindstryd by die Austin-buiteklub geklop het. Dit is Scheffler se derde PGA-toer-oorwinning hierdie jaar ná sy oorwinnings by die Phoenix Ope en die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi. Daarmee het hy Rahm se 36 weke as nommer een op gholf se wêreldranglys beëindig.