Kalimbeza sal aandag kry sê Hei, nuwe Amta-baas

Sou Namibië se Kalimbeza-rysprojek in die Zambezi-streek, wat reeds in 2009 as nasionale projek verklaar was, beter bestuur gewees het, dan was Namibië moontlik nie geraak deur die verbod op rys-uitvoere wat Indië onlangs aangekondig het nie. Maar, die bekende ekonoom Salomo Hei is pas as besturende direkteur van AMTA, die landbou-bemarkingsagentskap aangestel en hy sê die projek sal reggeruk word omdat rys ook ‘n belangrike voedselbron vir Namibiërs is.