Voorvaderlike grondeise is kompleks, daarom die vertraging…

Die verslag deur die komitee wat ondersoek ingestel het na eise vir voorvaderlike grond is reeds in 2020 aan President Hage Geingob oorhandig, maar daar is steeds geen stappe geneem of aankondigings gemaak in die verband nie. Die kwessie bly kontroversieel en verskeie inheemse groepe het eise op dieselfde gebiede gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die komitee dr. Phanual Kaapama gepraat oor die vertragings. Hy sê die kwessies is kompleks.