50 verstekvonnisse uit 92 deur banke gebring

Daar was 92 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan kommersiële banke 50 aansoeke gebring het. Daar was agt reël 108 aansoeke in die rol ingesluit. Die sessies is deur regters Hannelie Prinsloo en Esi Schimming-Chase hanteer. Banke eis 24 eiendomme ter waarde van amper 24,5 miljoen Namibiese dollar. Lenings ter waarde van net meer as 2,9 miljoen dollar is ook betaalbaar. Vier voertuie is opgeëis. In Maandag se sessie sal regter Thomas Masuku 44 onverdedigde egskeidings hanteer.