Kalifornië steier onder aardbewing terwyl Hilary woed

Nóg ‘n natuurramp het die Amerikaanse deelstaat Kalifornië getref terwyl die gebied steeds steier onder die uitwerking van die tropiese storm Hilary. ’n Aardbewing van 5,1 het noordwes van Los Angeles voorgekom. Dit het nie groot skade aangerig nie, en die storm is sedertdien afgegradeer na ‘n ná-tropiese sikloon. Daar was berig die Nasionale Orkaandiens sê die rekord-volume reën wat die storm sou veroorsaak, sou lewensgevaarlike vloede en grondverskuiwings veroorsaak het en terwyl erge reën ontvang is, het die deelstaat die ergste ontduik. Die goeie nuus is die droogte is in dele van die deelstaat is afgeweer.