Kabinet keur implementerinsplan vir 5G-tegnologie in Namibië goed

Die kabinet het die strategie en begroting vir die implementering van 5G-tegnologie in Namibië goedgekeur. Dit volg nadat die regering ‘n moratorium op 5G in 2020 ingestel het na samesweringstoerieë oor Covid en 5G. Die regering het destyds opdrag aan die omgewingsministerie gegee om na die impak van 5G te kyk en ook die kommunikasie regulerende owerheid, Cran, gevra om ‘n 5G strategie te ontwikkel. MTC sê hy het reeds sy netwerk-infrastruktuur opgegradeer om te verseker dat hy gereed is om 5G-tegnologie te ontplooi ter voorbereiding vir die opheffing van die land se moratorium op 5G. Talle Afrika-lande het reeds 5G bekend gestel.