Namibiërs, skenk bloed asseblief

Die Bloedoortappingsdienste van Namibië is nog tot vanmiddag by die Grove Mall in die hoofstad in ‘n poging om genoeg bloed in te samel vir die tekort wat gewoonlik tydens die feesseisoen ontstaan. Die diens sal ook soortgelyke geleenthede regoor die land hou. Woordvoerder Titus Shivute doen ‘n beroep op Namibiërs om bloed te skenk.