NG kerk Tsumeb 80ste gemeente wat doleer

Die NG kerk Tsumeb se naam is bygevoeg by die lys van 79 gemeentes wat doleer of te wel treur oor ’n besluit. Die gemeentes verskil met en treur oor die NG Kerk se algemene sinode se besluit om ruimte te skep vir selfdegeslagverhoudings en -huwelike in die kerk wat in 2019 geneem is. Die algemene sinode word ook van dwaalleer beskuldig en dat dit nie meer Skrifgetrou is nie. Dit is ook van die redes wat Tsumeb in ‘n brief aanvoer waarin hy amptelik doleer. Ds. Johannes de Koning van die NG kerk op Tsumeb verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.