Botswana sitrusboere skaar hulle by SA-vereniging

Sitrusboere in Botswana skaar hulle ook bou by die Sitruskwekersverening van Suider-Afrika. Die vereniging verteenwoordig reeds 1 400 sitrusprodusente van Eswatini, Zimbabwe en Suid-Afrika. Met die toevoeging van Botswana verteenwoordig die vereniging nou 1 564 produsente. Daar is 164 sitrusprodusente in Botswana, waarvan 94 persent kleinskaalse boere is wat sitrus op minder as vyf hektaar produseer. Die oorblywende ses persent val in die kategorie van medium tot grootskaalse boere. Die bedryf ondersteun net meer as 1 000 werksgeleenthede, met 75 persent van die werknemers wat vroue is.