Kaapstad wend hom aan Konstitusionele Hof teen besettings

Die Stad Kaapstad sê President Cyril Ramaphosa en die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het nie gereageer op sy versoek om in gesprek te tree wat die opheffing van besettingsregulasies volgens Rampbestuursregulasies betref nie. ‘n Woordvoerder, Greg Wagner, sê die stad het dus geen keuse as om by die Konstitusionele Hof aansoek te doen dat die regulasie opgehef word nie. Dit volg ná ‘n toename in onwettige besettings, informele strukture en tentkampe regoor die metropool.