Stad Windhoek verdedig aanstellingproses

Na berigte in ‘n plaaslike dagblad dat die waarnemende hoof uitvoerende beampte van Stad Windhoek George Mayumbelo aspris beter punte vir Conrad Lutombi, een van die kandidate vir die pos van stadshoof, het die munisipaliteit ‘n verklaring uitgereik. Vrae was gevra oor Mayumbelo se teenwoordigheid op die paneel wat die kortlys van die kandidate opgestel en die onderhoude uitgevoer het. Volgens die stad, neem Mayumbelo net waar as stadshoof en is steeds die hoof van menslike hulpbronne by die munisipaliteit. Dus moet hy deel vorm van die paneel wat die onderhoude gevoer het. Dit stad sê verder dat alle prosesse die beleid van die stad noukeurig gevolg het.