Kaapstad Sewes: Blitsbokke deur na halfeindstryd

Die Blitsbokke is deur na die Beker-halfeindstryd van die Kaapstad Sewes. Hulle het Groot-Brittanje gisteraand met 21-14 geklop. Die tuisspan se drieë is deur Ryan Oosthuizen, Ricardo Duarttee en Dalvon Blood gedruk. Die Springbok Sewes-span bly onoorwonne nadat hy Frankryk vroeër met 26-7, Fidji met 17-7 en Kanada ook met 17-7 oorrompel het. Die Blitsbokke pak Samoa vanmiddag om ’n plek in die eindstryd. In die ander half-eindstryd sal Nieu-Seeland en die VSA mekaar die stryd aansê.