Bankslenters duur voort, publiek gewaarsku

Standard Bank loop op die oomblik deur onder bedrieërs wat epos op epos stuur in verband met inbetalings wat kwansuis rekenings gemaak is, sogenaamde Blue Wallets wat gestuur is, en opdaterings van internet-bankbesonderhede. Die bank het verskeie male sy kliënte en lede van die publiek gewaarsku om nie inligting per telefoon deur te gee nie en ook nie op enige skakels te klik nie. Khadija Mouton, Standard Bank se bemarkingsbestuurder sê weer die bank sal nie sulke inligting aanvra nie.