DRK-regering en Vodacom in belastingstryd gewikkel

Die Demokratiese Republiek van die Kongo het dele van die Vodacom-groep se kantore in daardie land gesluit en sy bankrekeninge gevries oor ’n belastingdispuut. Die onenigheid hou verband met ‘n oudit vir die jare 2016 tot 2019, wat deur die algemene direktoraat van belasting gedoen is, wat bevind het dat Vodacom 243 miljoen Amerikaanse dollar skuld. Die belastingagentskap het stappe geneem om beslag te lê op die fondse, ondanks ‘n appèl wat die aanslag tot 165 miljoen dollar verminder het. Dit kom maande nadat die regering op die paspoorte van maatskappybestuurders beslag gelê het en hulle verbied het om te reis.