Kaapstad se tenderproses begin vir onafhanklike kragprodusente

Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis het vroeër vandag onafhanklike kragprodusente uitgenooi om hul tenders om krag aan die Moederstad te voorsien, so gou moontlik in te dien. Ronde een van die Stad se tenderproses om elektrisiteit van onafhanklike kragprodusente te begin aankoop het vandag amptelik geopen. Die Stad beoog om tot 300 megawatt elektrisiteit by dié produsente aan te koop. Ons korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt, het meer.